![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/71/Wine_configuration_screenshot.png/640px-Wine_configuration_screenshot.png&w=640&q=50)
Wine (sagteware)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wine is 'n sagteware aanwending wat poog om dit vir Unix-tipe rekenaars op 'n x86 argitektuur moontlik te maak om programme wat oorspronklik vir Microsoft Windows geskryf is te kan loop. Wine verskaf ook 'n sagtewarebiblioteek wat bekend staan as Winelib en ontwikkelaars sal help om Windows aanwendings te kan skep en verskuif na 'n Unix-tipe sisteem.[2]
Wine | |
![]() | |
Ontwikkelaar | Wine outeurs |
---|---|
Nuutste weergawe | 9.0[1] ![]() |
Programmeertaal | C |
Bedryfstelsel | Microsoft Windows, Unix en Unix-tipe stelsels |
Kategorie | Middelware |
Lisensie | GNU Lesser General Public License |
Webblad | www![]() |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/71/Wine_configuration_screenshot.png/320px-Wine_configuration_screenshot.png)
Wine is 'n rekursiewe akroniem vir "Wine Is Not an Emulator" (wat in Afrikaans beteken: "Wine is geen emulator nie", die naam is ook gekies omdat dit die Engelse woord vir wyn is), is 'n Windows-aanpasbare bedryfstelsel vir POSIX-aanpasbare bedryfstelsels.[3]
Die Wine ontwikkelaars het die eerste beta uitgawe van Wine (uitgawe 0.9) op 25 Oktober in 2005 na 12 jaar se ontwikkeling vrygestel. Uitgawe 1.0 is op 17 Junie 2008 vrygestel onder die GNU Lesser General Public License (LGPL). Wine is dus vrye sagteware.