Suid-Afrikaanse sakeman en politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Willem Frederik Faber (gebore 15 Februarie 1968) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman en politikus wat sedert Mei 2019 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Hy was 'n afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies tussen Mei 2009 en Mei 2019. Faber is 'n lid van die Demokratiese Alliansie (DA).
Willem Faber | |
Faber in Mei 2009 | |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies | |
---|---|
Ampstermyn 6 Mei 2009 – 7 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Willem Frederik Faber 15 Februarie 1968 |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Faber het by die Demokratiese Alliansie aangesluit en was vir sewe jaar lank 'n raadslid van die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit. Die munsipaliteit is in en rondom Kimberley, die Noord-Kaapse hoofstad, gesentreer.[1]
Van 2004 tot 2009 het Faber vir die maatskappy Protech gewerk. In Mei 2009 is hy as 'n afgevaardigde van die Nasionale Raad van Provinsies aangewys. Sy kiesafdeling was die Noord-Kaap. Hy is in 2014 tot 'n tweede termyn herkies.
Faber is in Mei 2019 tot die laerhuis, die Nasionale Vergadering, verkies nadat hy tweede op die DA se nasionale lys geplaas is. Hy is as 'n sweep in die wetgewer verkies. Vanaf Junie 2019 dien hy as 'n plaasvervangende lid van die portefeuljekomitee vir sport, kuns en kultuur.[1]
Faber is woonagtig te Warrenton in die Noord-Kaap.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.