Wildau
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wildau is 'n stad in die distrik Dahme-Spreewald van die Duitse deelstaat Brandenburg met 'n oppervlakte van 9,09 vierkante kilometer en 'n bevolking van 9 924 (soos op 30 November 2012). Die huidige stad behels die historiese dorpskern Hoherlehme en die nuwe stadskern van Wildau. Op 1 April 2013 het Wildau amptelik 'n stad geword.[2]
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Brandenburg |
Distrik | Dahme-Spreewald |
Koördinate | 52°19′N 13°38′O |
Stigting | 1375 (eerste verwysing) |
Stadstatus | 1 April 2013 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 9,09 vk km |
Hoogte bo seevlak | 45 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 November 2012) | 9 924[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 092/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
Burgemeester | Uwe Malich (Die Linke) |
Amptelike Webwerf | wildau.de |
Wildau staan veral bekend vir sy Technische Fachhochschule (Tegnikon), die werkerskwartier Schwartzkopffsiedlung wat tot nasionale monument verklaar is, die winkelsentrum A10-Center digby die snelweg A10 (een van die grootstes in die metropolitaanse gebied van Berlyn) en sy voormalige swaar nywerheid.