Wet van Archimedes
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die wet van Archimedes is 'n wetenskaplike beginsel wat verband hou met die dryfvermoë en verplasing van voorwerpe. Dit verduidelik die opwaartse krag wat 'n voorwerp ondervind as dit in 'n vloeistof of gas geplaas word. Hierdie krag is gelykstaande aan die gewig van die verplaaste volume van die vloeistof of gas.[1] Hierdie opwaartse krag word die archimedeskrag genoem.
Die beginsel is in die 3de eeu v.C. deur Archimedes van Sirakuse ontdek toe hy in die bad gesit het. Hy het opgespring, kaal in die straat afgehardloop en geskreeu "Eureka" (ek het dit gevind)![2] Voorwerpe kon teen daardie tyd akkuraat geweeg word, maar met dié ontdekking kon die volume van 'n voorwerp met die massa daarvan verbind word, om so die digtheid te bepaal.