![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/Bed_bug%252C_Cimex_lectularius.jpg/640px-Bed_bug%252C_Cimex_lectularius.jpg&w=640&q=50)
Weeluis
klein, plat en ovaal bloedsuiende insek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Weeluis (ˈve:lɶys), ook wandluis (ˈvantlɶys), is ’n klein, plat en ovaal bloedsuiende insek met ’n rooibruinerige kleur, verkorte vlerke en ’n slegte reuk. Die weeluis bewoon huise, veral beddens. Dit kruip gedurende die dag weg en kom saans uit om die bloed van mense en ander soogdiere te suig. Afhangende van die temperatuur en voedselbron kan twee tot vier geslagte jaarliks voortplant. Die larwes lyk soos die volwassenes en word binne 11 weke geslagsryp.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subfamilies, Genera & Spesies ...
Weeluis | |
---|---|
![]() | |
Cimex lectularius | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Hemiptera |
Suborde: | Heteroptera |
Infraorde: | Cimicomorpha |
Superfamilie: | Cimicoidea |
Familie: | Cimicidae Latreille, 1802 |
Subfamilies, Genera & Spesies | |
Subfamilie Afrociminae
Subfamilie Cimicinae
Subfamilie Cacodminae
Subfamilie Haematosiphoninae
Subfamilie Latrocimicinae
Subfamilie Primicimicinae
|
Sluit
Wetenskaplike klassifikasie: die weeluis hoort tot die familie Cimicidae. Die gewone weeluis word as Cimex lecturalius geklassifiseer.