Warangiërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Warangiërs, Warjage of Varangiërs of Varjage (Russies: варяги, varjagi) is 'n benaming vir die Wikings of Noormanne wat vanuit Skandinawië na die Russiese Laaglande in die ooste getrek het om handel te dryf, as huursoldate te dien, of om hulle daar te vestig. Hulle was die stigters van die Slawiese staat Kiëf-Roes, wat 'n voorloper was tot die latere Rusland.