Wairau Bar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wairau Bar, of Te Pokohiwi,[1] is 'n gruisbank van 19 ha wat gevorm het waar die Wairaurivier in Cloudy Bay, Suideiland, Nieu-Seeland, in die see loop. Dit is 'n belangrike argeologiese terrein wat bewoon is deur verkenners van Oos-Polinesië wat omstreeks 1280 in Nieu-Seeland aangekom het. Dit is die vroegste bekende nedersetting in dié land.
Die gruisbank was met die aankoms van Polinesiërs vermoedelik 'n lae, struikbedekte eiland van 2 tot 3 m hoog, 1,1 km lank en 0,4 km breed.