Wêreldbeker
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Wêreldbeker is 'n internasionale byeenkoms van verskeie lande se nasionale spanne wat deelneem om 'n beker of trofee in te palm. Die wenner word vir 'n seker periode as wêreldkampioen gekroon. Die deelnemende lande se nasionale eer is op die spel en alles word uitgehaal om 'n oorwinning te behaal. Die geleenthede lok gewoonlik 'n groot aantal toeskouers en word wêreldwyd gebeeldsend. Wêreldbekertoernooie soos Krieketwêreldbeker, Rugbywêreldbeker en Sokker-Wêreldbeker is van die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld, saam met die Olimpiese Somerspele.
Lande soos Engeland (krieket en rugby meer as een keer; sokker in 1966) en Suid-Afrika (rugby in 1995, krieket in 2003 en sokker in 2010) is in die sin uniek dat hulle al die drie groot wêreldbekertoernooie al gehuisves het, en Engeland is tot dusver die enigste land wat daarin geslaag het om al drie te wen (sokker in 1966, rugby in 2003 en krieket in 2019).