Vulkaniese winter
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Vulkaniese winter is 'n wêreldwye afname in temperatuur wat veroorsaak word deur vulkaniese as en druppels swaelsuur en water wat die Son versluier en die Aarde se albedo verhoog (die weerkaatsing van die sonlig laat toeneem) ná 'n groot, buitengewoon ontploffende vulkaanuitbarsting. Die verkoelende uitwerking op lang termyn hang hoofsaaklik af van die inspuiting van swaelgasse in die stratosfeer, waar hulle 'n reeks prosesse ondergaan om swaelsuur te produseer wat aërosols kan vorm.[1]
Vulkaniese stratosferiese aërosols verkoel die oppervlak deur sonstraling te weerkaats en verhit die stratosfeer deur aardstraling te absorbeer.[2] Die wisselings in atmosferiese verhitting en verkoeling lei tot veranderings in troposferiese en stratosferiese sirkulasie.[1]