From Wikipedia, the free encyclopedia
Vriesreën, vriesende reën of ysreën is 'n soort neerslag wat teen 'n groot hoogte as sneeu begin en uit 'n wolk na benede val, op sy pad heeltemal begin smelt terwyl dit deur 'n laag lug met temperature bo vriespunt beweeg, en uiteindelik weer 'n laer geleë laag lug met temperature benede vriespunt bereik waar dit onderkoel word. Hierdie water gaan onmiddellik bevries sodra dit teen enige voorwerp bots of op die grond val,[1] en die yslaag wat ontstaan kan 'n dikte van enkele sentimeter bereik. Vriesreën kan taamlik skade veroorsaak aan bogrondse elektrisiteitskabels of aan bome. Dit kan breek onder die gewig van die ys.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.