From Wikipedia, the free encyclopedia
Von der Deckense neushoringvoël (Tockus deckeni) is 'n neushoringvoëlspesie wat in Oos-Afrika voorkom. Die naam is 'n eerbetoon aan die Duitse ontdekkingsreisiger Karl Klaus von der Decken (1833-1865), wat die voël ontdek het tydens sy ekspedisie op die berg Kilimanjaro.
Von der Deckense neushoringvoël | |
---|---|
Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. deckeni |
Binomiale naam | |
Tockus deckeni (Cabanis, 1869) | |
Verspreiding van Von der Deckense neushoringvoël (Nota: Sluit ook Jacksonse neushoringvoël se verspreiding in) |
Von der Deckense neushoringvoël word 43-51 cm lank. Dit het 'n wit bors met egalige swart vlerke, dus sonder stippels of strepe. Die mannetjie het 'n helderrooi snawel met 'n ivoorkleurige uiteinde, terwyl die wyfie se snawel swart is.[2]
Von der Deckense neushoringvoël kom voor in 'n aantal lande in Oos-Afrika, by name Ethiopië, Somalië en sentraal-Tanzania. Dit is ook 'n tipiese soort van die droë gebiede van Kenia. Sy leefgebied bestaan uit droë struikgewas, oop bosgebiede met acacias en rivierbegeleidende bos. Sy roep, 'n aanhoudende "wot, wot....", is karakteristiek.
Hierdie voël verskyn as "nie bedreig" op die IUBN-rooilys.[1]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tockus deckeni. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.