Kilimandjaro
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kilimandjaro (Engels: Mount Kilimanjaro) is 'n bergmassief in Afrika wat in die noordooste van Tanzanië naby die grens met Kenia geleë is. Met sy hoogte van 5 895 meter is dit die hoogste berg in Afrika, asook die hoogste alleenstaande berg ter wêreld. Die massief bestaan uit die drie vulkane: Kibo, Mawenzi en Shira. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.
Kilimandjaro | |
---|---|
Ligging | Kilimandjaro-gebied, Tanzanië; histories: Duits-Oos-Afrika |
Hoogte | 5 895[1] meter bo seevlak |
Reeks | Alleenstaande berg in die Kilimandjaro-massief |
Koördinate | 3°4′33″S 37°21′12″O |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Eerste bestyging | 1899 |
Eerste bestyger(s) | Hans Meyer Ludwig Purtscheller |
Maklikste roete | Voetslaan[2] |
Tussen 1885 en 1918 was die berg die hoogste punt op Duitse gebied (Duits-Oos-Afrika) en vanaf 1902 tot 1918 is die berg ná Keiser Wilhelm Kaiser-Wilhelm-Spitze of Wilhelmskuppe genoem. Die Kilimandjaro Nasionale Park is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Die hoogste punt op die berg staan bekend as Uhuru-piek (Swahili vir: "Vryheid") . Daar is sewe roetes wat lei na Uhuru-piek met slegs een wat werklike klimwerk vereis. Die temperatuur daal tot by -30 °C bo-op die berg.[3]
Roetes na die bergtop neem 5-8 dae. Hoe meer tyd bestee word om te klim, hoe makliker sal dit wees om te akklimatiseer.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.