![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d0/Flag_of_Transvaal.svg/langaf-640px-Flag_of_Transvaal.svg.png&w=640&q=50)
Volkslied van Transvaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Volkslied van Transvaal was die volkslied van die onafhanklike Boererepubliek die Zuid-Afrikaansche Republiek wat ook as die Transvaal bekend gestaan het.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d0/Flag_of_Transvaal.svg/640px-Flag_of_Transvaal.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/04/Volk_en_Vaderland_59_-_Transvaalse_Volkslied.png/640px-Volk_en_Vaderland_59_-_Transvaalse_Volkslied.png)
Die woorde en musiek van die Transvaalse Volkslied is die pennevrug van Catharina van Rees en dit dateer terug na 1875 voor die Britse anneksasie van 1877. Die nie-vermelding van die term Transvaal spruit waarskynlik daaruit dat dit voor die 1880–1881 opstand geskryf is waartydens hierdie term sterk verwerp is. Die verwerking is deur G. G. Cillié.[verwysing benodig][1]