Vlag van die Turks- en Caicoseilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van die Turks- en Caicoseilande is op 7 November 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die eilandnasie se wapenskild op die wapperkant.
Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 7 November 1968[1] |
Ontwerp | ’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant. |
Sluit
Die drie simbole op die wapenskild van die Turks- en Caicoseilande is ’n kaktus, kreef en ’n nautilusskulp.
Soos baie ander Britse oorsese gebiede was die vorige vlag van die Turks- en Caicoseilande ’n blou Britse vaandel met ’n skyf aan die wapperkant waarop ’n skip en ’n strand was, met die naam van die gebied daaronder. Op die vlag van die Turks- en Caicoseilande was daar ’n man op die strand wat tussen twee hope sout gewerk het.