From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van St. Lucia is op 22 Februarie 1979 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou baan met ’n geel driehoek onder ’n swart byl met ’n wit fraiing.
Die swart-goud gelaagde driehoek simboliseer die Pitons (twee heuwels naby Soufrière wat die herkenningspunte van die eiland is).
Die blou agtergrond stel die tropiese lug voor asook die water wat St. Lucia omring. Die goud simboliseer vooruitgang en die sonskyn. Die swart en wit simboliseer harmonie tussen die verskillende rasse en die invloede van die swart- en blanke kulture wat goed saamwerk op die eiland. Die feit dat die swart ’n groter ruimte beslaan as die wit dui rofweg op die getalleverhouding van die verskillende rasse op die eiland.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.