Vlag van Nieu-Kaledonië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië gebruik die vlag van Frankryk as vlag en het op 17 Julie 2010 ook die Kanakvlag vir amptelike gebruik aanvaar. Die Kanakvlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, rooi en groen met geel skyf aan die vlagpaalkant waarin ’n swart eilandsimbool is. Nieu-Kaledonië is een van min lande of gebiede ter wêreld met twee nasionale vlaë.