From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Katar is op 9 Julie 1971 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee vertikale bane in wit aan die vlagpaalkant en maroen aan die wapperkant, geskei deur nege wit driehoeke wat ’n sigsaglyn vorm.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 11:28 |
Goedgekeur | 9 Julie 1971[1] |
Ontwerp | Twee vertikale bane in wit aan die vlagpaalkant en maroen aan die wapperkant, geskei deur nege wit driehoeke wat ’n sigsaglyn vorm. |
Die wit stel vrede voor, die maroen (wat in ’n vroeëre weergawe rooi was) stel die bloed wat gevloei het in talle oorloë in Katar voor terwyl die sigsaglyn Katar voorstel as die negende lid van die ‘herenigde Emirate’ van die Persiese Golf aan die einde van die Katars-Britse verdrag in 1916.
Die gebruik van ’n pers kleur in Katar dateer ’n paar eeue terug.[2] Daar word aangevoer van Katar die eerste was om ’n kleurstof van skulpvis te maak gedurende die tydperk van die Kassiete en dat hulle ’n kleurstofindustrie aan die kus van Katar bedryf het wat die pers kleurstof vervaardig het.[3][4] Katar was ook bekend vir sy produksie van pers kleurstof gedurende die regering van die Sassanidiese Ryk.[5] Mohammed bin Thani, wat van 1847 tot 1876 aan bewind was, het ’n vlag met ’n pers-rooi kleur voorgestel in ’n poging om die staat te verenig en om die geskiedkundige betekenis daarvan uit te lig. Die vlag se kleure is deur die son verdonker wat uitgeloop het op die maroen kleur.[2] In 1932 het die Britse Vloot voorgestel dat ’n amptelike vlag ontwerp moes word. Hulle het voorgestel dat die vlag rooi moes wees maar Katar het verkies om maroen te gebruik.[2]
Wit | Maroen | |||
---|---|---|---|---|
RGB-kleursisteem | 255-255-255 | 112-25-61 | ||
Heksadesimaal | FFFFFF | 70193D |
Die ontwerp van die Katarse vlag is 11 in hoogte by 28 in breedte (die wit baan is 8, die maroen baan is 18 en die sigsagvorm is 2).
Die vlag van Katar is aanvaar voordat Katar op 3 September 1971 onafhanklikheid van Brittanje verkry het. Katar het sy eenvoudige rooi vlag gewysig met die toevoeging van ’n vertikale wit baan aan die vlagpaalkant om te strook met die Britse riglyne in die middel-19de eeu. Die negepuntige getande rand is in die middel van die 20ste eeu tot die vlag toegevoeg en rooi is laat vaar vir maroen in 1949. Dit het aanleiding gegee tot die huidige vlag. In 1855 het Sjeik Jassim bin Mohammed Al Thani reeds ’n vlag met ’n soortgelyke patroon gebruik met ’n pers-rooi en wit kleurskema. Hoewel ’n soortgelyke vlag in die verhouding 11:30 reeds sedert 1949 gebruik is, is die vlag amptelik op 6 Julie 1971 vir gebruik aanvaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.