From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Eswatini (voorheen Swaziland) is op 6 Oktober 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in blou, rooi en blou met dik geel fraiings langs die rooi baan; in die middel van die rooi baan is ’n tradisionele Nguni-skild (in swart en wit), ’n staf met veretossels en twee spiese.
Die blou stel vrede en stabiliteit voor, die rooi bloed van oorloë in die verlede[1] en die geel fraaiings die natuurlike hulpbronne van Eswatini. Die wit en swart van die skild stel goeie rasseverhoudinge voor, die drie veretossels die koninklike lyn van die Swazi’s en die spiese agter die skild Eswatini se verdediging teen sy vyande.
Die vlag van Eswatini is gebaseer op ’n vlag wat opperhoofman (en later koning) Sobhuza II in 1941 aan ’n leërkorps toegeken het. Hierdie vlag het (na enkele klein aanpassings) in 1968 die vlag van die onafhanklike koninkryk Swaziland geword.