Vlag van Estland
vlag / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Estland is op 7 Augustus 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in blou, swart en wit.
Bynaam | sinimustvalge |
---|---|
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en Burgerlike vaandel |
Verhouding | 7:11 |
Goedgekeur | 7 Augustus 1990[1] |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in blou, swart en wit. |
Hoewel die vlag eers in 1990 amptelik in gebruik geneem is, is dit op 21 November 1918[1] of 16 Julie 1922[2] vir die eerste keer aanvaar na Estniese onafhanklikheid. Dit is tot 1940 gebruik to die Sowjetunie Estland beset het. Na die Tweede Wêreldoorlog, van 1944 tot 1990 het die vlag van Sowjet-Estland bestaan uit die generiese rooi Sowjetvlag met die naam van die republiek op, waarna dit verander is na die rooi vlag met ’n baan blou golwe in die vlag se onderste helfte. Die Estniese vlag, wat ook deur die Estniese regering in ballingskap gebruik is, is in 1990, een jaar voor amptelike onafhanklikwording verkry is, weer amptelik aanvaar.