Vlag van Bermuda
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Bermuda is op 4 Oktober 1910 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en Burgerlike vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 4 Oktober 1910[1] |
Ontwerp | ’n Rooi Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant. |
Die vlag is ongewoon vir ’n Britse oorsese gebied omdat dit ’n rooi vaandel op land gebruik waar die gebruik normaalweg die blou vaandel op land is. Die gebruik van die rooi vaandel stem ooreen met Kanada (pre-1965) en die Unie van Suid-Afrika (pre-1928) wat ook albei die rooi vaandel eerder as die blou vaandel gebruik het in die vroeë jare van die twintigste eeu. Bermuda se vlag is geskik as ’n burgerlike vaandel vir skepe wat geregistreer is by die Bermudagedeelte van die Britse Register deur Bermuda se Wet op Handelsverskeping (2002). Die goewerneur van Bermuda gebruik ’n Unievlag met die wapenskild van Bermuda in die middel van die vlag. Dit is tradisioneel vir goewerneurs van Britse oorsese gebiede. Vir die staatsvaandel word ’n blou Britse vaandel gebruik, wat algemeen is vir Britse oorsese gebiede.