Vlag van Armenië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Armenië is op 24 Augustus 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in rooi, blou en oranje. Armenië het hierdie ontwerp van die nasionale vlag tussen 1918 en 1921 gebruik en weer in 1990 die vlag aanvaar.
Bynaam | Եռագույն (Yeřaguyn) |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 24 Augustus 1990[1] |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje. |
Ontwerp deur | Stepan Malkhasyants |
Gebruik | Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje. |
Gebruik | Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in rooi, blou en oranje met die wapen van Armenië in die middel. |
Die huidige vlag is deur die Armeense Opperste Sowjet goedgekeur. Op 15 Junie 2006 is die Wet op die Nasionale Vlag van Armenië deur die Armeense Nasionale Vergadering gepromulgeer, waardeur die gebruik van die vlag gereguleer word.
Deur die geskiedenis was daar baie variasies van die Armeense vlag in gebruik. In antieke tye is die Armeense dinastieë voorgestel deur verskillende simboliese diere wat op die vlae gepryk het.[2] In die twintigste eeu is verskeie Sowjetvlae gebruik om Armenië te verteenwoordig.