Vioolconcerto nr. 4 (Mozart)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vioolconcerto nr. 4 in D majeur, K. 218 is in 1775 in Salzburg gekomponeer deur Wolfgang Amadeus Mozart. Die outograaf van die partituur word bewaar in die Biblioteka Jagiellońska, Krakau.[1]
Vioolconcerto in D majeur | |
---|---|
Nr. 4 | |
deur W. A. Mozart | |
Toonaard | D majeur |
Katalogus | K. 218 |
Gekomponeer | 1775 |
Bewegings | 1. Allegro 2. Andante cantabile 3. Rondeau |
Partituur |
|
Dit wil voorkom asof hy die stuk oorspronklik vir homself gekomponeer het om te speel, maar nadat hy die Salzburgse Hoforkes verlaat het, het hy die concerto gewysig en opgedateer sodat sy opvolger in die orkes, Antonio Brunetti, dit kon speel. Dit is 'n ope vraag of die concerto bo Mozart se vlak van beheer was, en of hy die concerto doelbewus vir Brunetti moeiliker gemaak het weens sy groter vermoë. Die eerste beweging word die 'militêre' Mozart Concerto genoem, terwyl die tweede beweging uit melodiese lyne bestaan. Die derde beweging is propvol vreugde en pret.