Vijfheerenlanden (munisipaliteit)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vijfheerenlanden is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Utrecht, met 'n bevolking van sowat 59 000 in 2022 en 'n oppervlakte van 153 km².
Vijfheerenlanden | |
---|---|
Die stad Vianen | |
Ligging van Vijfheerenlanden in Utrecht-provinsie | |
Kaart van Vijfheerenlanden-munisipaliteit | |
Koördinate: 51°56′N 5°4′O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Utrecht |
Stigting | 2019 |
Regering | |
• Burgemeester | Sjors Fröhlich (onafhanklik) |
Oppervlak | |
• Totaal | 153,31 km2 (59,19 vk. myl) |
• Land | 146,28 km2 (56,48 vk. myl) |
• Water | 7,03 km2 (2,71 vk. myl) |
Hoogte | 0 m (0 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 58 788 |
• Digtheid | 402/km2 (1 040/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 3989–4247 |
Skakelkodes | 0183, 0345, 0347 |
Bestuurlike sentrum | Meerkerk |
Webwerf | www.vijfheerenlanden.nl |
Die munisipaliteit is in 2019 gestig en betref 'n saamvoeging van die Zuid-Hollandse munisipaliteite Leerdam en Zederik en die Utrechtse munisipaliteit Vianen (het tot 2002 ook aan Zuid-Holland behoort). Leerdam en Vianen is twee kleine stede, die bestuurlike sentrum is in Meerkerk.
Die Vijfheerenlanden-munisipaliteit lê tussen die Lek-rivier in die noorde en die Linge-rivier in die suide, en stem min of meer ooreen met die Vijfheerenlanden-streek, uitgesonder die gebied noordwes vanaf die dorp Meerkerk (ook die dorpies Tienhoven en Ameide met omgewing), wat in die Alblasserwaard geleë is (ongeveer 20 km²).[1]
In hierdie munisipaliteit word Vijfheerenlands gepraat, wat is 'n Hollandse dialek en sterk verwant aan die naburige Alblasserwaards.