![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/01/Wfm_victoria_island.jpg/640px-Wfm_victoria_island.jpg&w=640&q=50)
Victoria-eiland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Victoria-eiland (Engels: Victoria Island, Inuktitut: Kitlineq), die wêreld se agste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 217 291 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. Victoria-eiland grens in die weste aan die Golf van Amundsen, in die noorde aan die Viscount-Melville-Sund, in die ooste aan die McClintock-Kanaal en die Victoria-straat, in die suide is die vasteland van Noord-Amerika geleë. Die eiland is genoem na die Britse koningin Victoria, wat vanaf 1867 tot 1901 ook die koningin van Kanada was.
Victoria-eiland Inheemse naam: Victoria Island Kitlineq | |
---|---|
![]() Nasa-Satellietbeeld van die Victoria-eiland | |
Geografie | |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 71°N 110°W / 71; -110 |
Argipel | Kanadese Arktiese Argipel
|
Oppervlakte | 217 291 vk km
655 m |
Administrasie | |
![]() | |
Gebiede | ![]() ![]()
|
Grootste stad | Cambridge Bay (1 477)
|
Demografie | |
Bevolking | 1 875 |
Bevolkingsgroepe | Inuïete |
Die wêreld se agste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/dd/Victoria_Island%2C_Canada.svg/640px-Victoria_Island%2C_Canada.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/43/VictoriaIslandMap.png/320px-VictoriaIslandMap.png)
Die westelike deel van die eiland behoort polities aan die Inuvik-streek van die Noordwestelike Gebiede, terwyl die oostelike deel, en dus ongeveer twee derdes van die gebied, onder die Kitikmeot-streek van die Gebied Nunavut val.