Uvs Nuur-bekken
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Uvs Nuur-bekken, Uvsmeerbekken of Oebsoenoer-laagte (Mongools: Увс нуурын хотгор; Russies: Убсунурская котлови́на, Oebsoenoerskaja kotlowina) is ’n kwesbare geslote bekken op die grens tussen Mongolië en die Republiek Tiwa in Rusland. Dit is genoem na die Uvsmeer, ’n groot, vlak soutmeer in die middel van die bekken. Verskeie kleiner mere lê daarrondom.[1]
Kitsfeite Uvsmeerbekken*, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Uvsmeerbekken* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die bekken soos vanuit die lug gesien. | |
Lande | Rusland Mongolië |
Tipe | Natuur |
Kriteria | ix, x |
Verwysings | 769 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2003 (27ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit
Die gebied bestaan uit ’n kombinasie van hooglande en laagtes in die Tannu-Ola- en Altai-bergstreke. Die wêreld se mees noordelike woestyn en die Noordelike Halfrond se mees suidelike toendrastreek ontmoet mekaar hier. Die Uvs Nuur-bekken is sedert 2003 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.