Jamaikaanse naelloper From Wikipedia, the free encyclopedia
Usain St. Leo Bolt (* 21 Augustus 1986, Sherwood Content, Jamaika) is 'n voormalige Jamaikaanse naelloper. Hy het verskeie wêreldrekords verbeter en is bekend vir sy puik prestasie as 'n naelloper, wat hom die bynaam van "Lightning Bolt" in die media besorg het. Hy het by elke wedloop met goue skoene deelgeneem.[1][2][3][4]
Usain Bolt | |
---|---|
Bolt in 2016 | |
Gebore | Usain St Leo Bolt 21 Augustus 1986 Sherwood Content, Jamaika |
Hy het aan die Olimpiese Somerspele van 2004, 2008, 2012 en 2016 deelgeneem. Op 12 Augustus 2017 kondig hy sy uittrede uit atletiek aan. Bolt het ná die Wêreldkampioenskap in 2017 uitgetree, toe hy derde was in sy laaste solo-wedloop van 100 m, by die 200 m onttrek en in die 4 × 100 m-aflos-eindloop gestaak het.
Hy word wêreldwyd as die beste atleet van alle tye beskou.
Bolt is gebore in Sherwood Content, 'n klein dorp in Jamaica en studeer aan die William Knibb High School. Hy begin op laerskool met hardloop, alhoewel sy eerste liefde krieket was.
Hy spits hom eers toe op die 200 m voordat hy oorgaan na die 100 m. Op vyftienjarige leeftyd wen hy voor 'n skare van 30 000 mense twee goue medaljes by die wêreldkampioenskappe vir juniors 2002 in Kingston. Vir dié wedloop was hy so senuweeagtig, dat hy per ongeluk sy linkerskoen aan sy regtervoet dra en omgekeerd. Hy het gesê dat dit die laaste keer was dat hy senuweegtig was voor 'n wedloop. Deur sy prestasies kry hy die bynaam "The Lightning Bolt" en "world's fastest man". 'n Jaar later wen hy weer die wereldtitel in die 200 m op die Wêreldkampioenskappe vir juniors in Sherbrooke.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.