Universiteit van KwaZulu-Natal
universiteit in die provinsie van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Universiteit van KwaZulu-Natal of UKZN is 'n universiteit met vyf kampusse wat almal in die provinsie van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika geleë is. Die universiteit is op 1 Januarie 2004 gestig nadat die Universiteit van Natal en die Universiteit van Durban-Westville saamgesmelt het. Tydens die apartheidsjare is die Universiteit van Natal vir blanke persone en die Universiteit van Durban-Westville vir persone van Asiatiese oorsprong gebruik.
Universiteit van KwaZulu-Natal[1] | |
---|---|
Howard Kollege-kampus in Durban | |
Gestig: | 1 Januarie 2004 (saamsmelting van die universiteite van Natal en Durban-Westville)[1] |
Kanselier: | Mogoeng Mogoeng[2] |
Vise-kanselier: | Nana Poku[3] |
Personeel: | 1 472[4] (2007) |
Studentetal: | 37 850[4] (2007) |
Voorgraadse studente: | 24 897[4] (2007) |
Nagraadse studente: | 3 807[4] (2007) |
Ligging: | Durban, Westville, Pinetown en Pietermaritzburg[1]
29.86752°S 30.98081°O |
Kampus: | 5 kampusse[5] |
Kleure: | Rooi en swart |
Webtuiste: | ukzn.ac.za |
Kolleges
Die universiteit het vier Kolleges wat in Skole onderverdeel is. Die kolleges is:
- Kollege van Geesteswetenskappe (Humanities)
- Kollege van Landbou, tegniek en natuurwetenskappe (Agriculture, Engineering and Science)
- Kollege van Geneeskunde (Health Sciences)
- Kollege van Bestuur en Regsgeleerdheid (Law and Management Studies)
Fakulteite
Die universiteit is verder in die volgende fakulteite onderverdeel:
- Howard Kollege-kampus, Durban
- Pietermaritzburg-kampus, Pietermaritzburg
- Westville-kampus, Westville
- Nelson Mandela Mediese Skool, Durban
- Edgewood-kampus, Pinetown
Noemenswaardige alumni
- John Smit, 51ste kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan. [6]
- Imani Sanga, komponis en etnomusiekoloog
- Lize Heerman, sangeres en mediapersoonlikheid
- Gita Ramjee, wetenskaplike en navorser in MIV-voorkoming
- Ncoza Dlova, eerste swart dermatoloog afgestudeer aan die universiteit
- Mondo Mazwai
- Nokwanda Makunga, biotegnoloog
Universiteit van Natal
- Steve Biko, anti-apartheid aktivis[7]
- Tommy Bedford, rugbyspeler en anti-apartheid aktivis
- Johannes van Staden, wêreldberoemde botanikus
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.