From Wikipedia, the free encyclopedia
Die unitêre owerhede van Engeland (unitary authorities of England) is plaaslike owerhede wat verantwoordelik is vir die verskaffing van alle plaaslike regeringsdienste binne 'n bepaalde distrik.[1] Hulle is gevorm ingevolge die Wet oor Plaaslike Regering van 1992 (Local Government Act 1992) waardeur die vorige Wet oor Plaaslike Regering van 1972 aangevul is om graafskappe te vorm wat nie uit meerdere distrikte bestaan nie. Sodoende mag groter nedersettings hul eie plaaslike owerhede vestig, onafhanklik van minder sterk verstedelikte streke in hul graafskappe. Dieselfde geld vir kleiner graafskappe waar 'n onderverdeling in distrikte onprakties sou wees.
Net 'n deel van Engeland is onderverdeel in unitêre owerhede. Die meeste van hulle is in die 1990's gevorm, terwyl 'n reeks bykomende unitêre owerhede in 2009 geskep is. Die bevoegdhede en funksies van unitêre owerhede word in ander administratiewe eenhede verdeel tussen die rade van nie-metropolitaanse graafskappe en die nie-metropolitaanse distrikte waarin hulle verder onderverdeel word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.