From Wikipedia, the free encyclopedia
Ulsan (Koreaans: 울산광역시, [uɭ.s͈an]) amptelik die Ulsan Metropolitaanse Stad, is Suid-Korea se sewende grootste metropool met 'n bevolking van meer as 1,2 miljoen[1] en 'n oppervlakte van 1 057,136 km². Dit is in die suidooste van die land geleë, met die buurstad Busan in die suide en teenoor Gyeongju in die noorde. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Suid-Korea |
Streek | Yeongnam |
Koördinate | 35°33′N 129°19′O |
Stigting | 1642 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 057,136 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2015) | 1 199 717 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 000/vk km |
Tydsone | UTC +9 (KST) |
Burgemeester | Song Cheol-ho |
Amptelike webwerf | ulsan.go.kr |
Ulsan is die nywerheidsreus van Suid-Korea, wat die hart vorm van Ulsan se industriële distrik. Dit is die tuiste van die wêreld se grootste motorvervaardigingsaanleg wat deur die Hyundai Motormaatskappy bedryf word,[2] die wêreld se grootste skeepswerf wat deur Hyundai Heavy Industries bedryf word,[3] en die wêreld se tweede grootste olieraffinadery, wat deur SK Energy besit word.[4]
Ulsan is aan die See van Japan geleë en beskik oor Suid-Korea se tweede belangrikste hawe ná die van Busan. In 2012 het Ulsan 'n BBP per capita van $79 623 gehad, die hoogste van enige streek in Suid-Korea.
Ulsan word in vier administratiewe distrikte (gu) en een county verdeel:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.