Tydelike satelliet
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Tydelike satelliet is ’n voorwerp wat deur ’n planeet aangetrek is en dus ’n tydelike natuurlike satelliet van die planeet word. Anders as onreëlmatige mane van die groter buiteplanete van die Sonnestelsel, sal hulle eindelik óf hulle wentelbaan om die planeet verlaat óf teen die planeet bots. Die enigste voorbeelde wat waargeneem is, is 2006 RH120, ’n tydelike satelliet van die Aarde vir nege maande in 2006 en 2007, en 2020 CD3, wat in 2020 ontdek is.[1][2] Sommige uitgediende ruimtetuie en vuurpyle is ook al in tydelike wentelbane waargeneem.[3]
In astrofisika is ’n tydelike satelliet enige liggaam wat die Hill-sfeer van ’n planeet binnegaan – stadig genoeg dat dit vir ’n kort rukkie swaartekraggebonde aan die planeet raak.[4]