From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Twaalf Stamme van Israel (Hebreeus: שִׁבְטֵי־יִשְׂרָאֵל, Šīḇṭēy Yīsrāʾēl, "Stamme van Israel") is volgens die Hebreeuse Bybel die afstammelinge van die patriarg Jakob (ook bekend as Israel), wat saam die Israelitiese nasie gevorm het. Die seuns was waarskynlik dié by sy vroue, Lea en Ragel, en sy byvroue, Bilha en Silpa.
Moderne geleerdes is skepties of daar 12 Israelitiese stamme was en glo die getal 12 is eerder 'n simboliese tradisie as deel van 'n nasionale skeppingsmite,[1] hoewel sommige geleerdes verskil.[2]
Jakob, wat later Israel genoem is, was die tweede oudste seun van Isak en Rebekka, die jonger tweelingbroer van Esau en die kleinseun van Abraham en Sara. Volgens die Bybel het God hom gekies as die patriarg van die Israelitiese nasie. Jakob het sover bekend twee vroue gehad, die susters Lea en Ragel, asook twee byvroue, Bilha en Silpa, by wie hy altesaam 13 kinders gehad het.
Die 12 seuns vorm die basis van die 12 stamme van Israel, van die oudste tot die jongste Ruben, Simeon, Levi, Juda, Dan, Naftali, Gad, Aser, Issakar, Sebulon, Josef en Benjamin. Jakob het sommige van sy kinders voorgetrek, veral vir Josef en Benjamin, sy seuns by sy gunstelingvrou, Ragel, en daarom is die 12 stamme in 'n goddelike sin nie dieselfde behandel nie. Josef het dubbel soveel as sy broers geërf, al was hy die tweede jongste. Hy is behandel asof hy, en nie Ruben nie, die oudste was, en sy stam is in twee gedeel. Dit is na sy twee seuns, Efraim en Manasse, genoem.[3]
Die Israeliete was die afstammelinge van die 12 seuns van Jakob. Die afstammelinge van sy dogter, Dina, is nie as 'n stam gereken nie. Die seuns is in Paddan-Aram gebore en het vier verskillende moeders gehad:[4]
In Deuteronomium 27:12-13 word die 12 stamme genoem:
Jakob het die afstammelinge van Efraim en Manasse (die twee seuns van Josef en sy Egiptiese vrou, Asenat)[5] verhef tot die status van volle stamme vanweë Josef se dubbele erfporsie nadat Ruben sy eersgeboortereg verbeur het weens sy oortreding met Bilha.[6]
In die Bybelverhaal het die stamme 'n losse konfederasie gevorm van die verowering van Kanaän onder die leierskap van Joshua tot met die vorming van die Verenigde Koninkryk Israel. Dit word in Rigters vertel. Moderne geleerdes bevraagteken die begin, middel en einde van dié prentjie,[7][8] en die weergawe van die verowering onder Joshua word nie erken nie.[9][10][11] Die Bybel se uitbeelding van die "tydperk van die Rigters" word ook algemeen in twyfel getrek.[7][12] Daar word verder gedebatteer oor die mate waarin 'n verenigde Koninkryk Israel bestaan het.[13][14]
Esegiël, wat in die 6de eeu v.C. in bannelingskap geleef het, het 'n visie gehad van die herstel van Israel,[15] wanneer die 12 stamme van Israel weer in hulle land woon.[16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.