taalfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Turkiese tale is ’n taalfamilie van minstens 35[1] tale wat deur Turkse volke van Suidoos-Europa en die Middellandse See-gebied tot Siberië en Wes-China gepraat word, en daar is voorgestel dat dit saam met Mongoolse, Toengoesiese en Japannese tale, Koreaans asook Ainoe deel van die omstrede Altaïese taalfamilie uitmaak.[2][3] Dié taalfamilie bestaan uit ses groepe, naamlik die Suidwestelike (Ogoesies), Suidoostelike (Karloek/Oeigoer), Khalaj, Noordwestelike (Kiptsjak), Tsjoewasjies (Oghoer) en Noordoostelike (Siberiese Turkiese tale). Soms word die Turkiese tale ook in twee takke verdeel: Bolgar en Algemene Turkiese tale.[4]
Turkiese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Van Suidoos-Europa tot Wes-China en Siberië |
Genetiese klassifikasie: |
Altaïes (omstrede) Turkiese tale |
Onderafdelings: |
Ogoeries
Suidwestelik (Ogoesies)
Noordwestelik (Kiptsjak)
Suidoostelik (Karloek/Oeigoer)
Noordoostelik (Siberiese Turkiese tale)
Khalaj
|
Verspreiding van Turkiese tale: Suidwestelik (Ogoesies) Suidoostelik (Karloek/Oeigoer) Khalaj Noordwestelik (Kiptsjak) Tsjoewasjies (Oghoer) Noordoostelik (Siberies) |
Turkiese tale word deur sowat 170 miljoen mense as moedertaal gepraat, en daar is altesaam meer as 200 miljoen sprekers.[5][6][7] Die Turkiese taal met die meeste sprekers is Turks, wat hoofsaaklik in Anatolië en die Balkan gepraat word. Die moedertaalsprekers van dié streke maak 40% van alle sprekers van Turkiese tale uit.[3]
Kenmerkende eienskappe van die Turkiese tale soos klinkerharmonie, saamklewing en die gebrek aan taalkundige geslag, word in al die tale aangetref.[3] Sprekers van die verskillende Ogoesiese tale kan mekaar ook redelik goed verstaan; dit sluit in Turks, Azerbeidjans, Turkmeens en Krim-Tataars.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.