Tuine, Kaapstad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tuine is een van Kaapstad se oudste voorstede en is net suid van die middestad geleë in die hoër gedeelte van die stadsbekken. Dit is direk onder Tafelberg geleë. Dit is 'n welvarende buurt en word meestal deur jong professionele mense bewoon. Dit beskik oor talle restaurante, hotelle, boetiekwinkels asook solderbehuising. Die voorstad is 'n sentrum vir die Kaapstadse kreatiewe bedryf, dit huisves e.tv by Langkloof Studios en ook heelwat modelagentskappe, produksie- en publikasiemaatskappye en verwante bedrywe.
- Hiedie artikel handel oor die voorstad in Kaapstad. Vir die voorstad in Pretoria, sien Pretoria Tuine.
Twee van die bekendste skole in die voorstad, is die Laerskool Jan van Riebeeck en die Hoërskool Jan van Riebeeck. Ander skole in die voorstad, is die Engelstalige Handelshoërskool Tuine, Hoërskool Kaapstad, Hoërskool Good Hope Seminary en Laerskool St. Mary.
Leeuwenhof, die ampswoning van die premier van die Wes-Kaap, is in Hofstraat in Tuine geleë.
Bronne
- Mayhew, Vic (red.): Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited. Kaapstad. 1980.
- Kelly, Maureen: Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek. HELM Publikasies. Johannesburg. 1986.
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.