bygelowige vrees vir die getal 13 From Wikipedia, the free encyclopedia
Triskaidekafobie (van die Griekse τρεισκαίδεκα treiskaídeka, "dertien", en φόβος phóbos, "vrees")[1] of dertienvrees is 'n vrees of vermyding van die syfer 13. Dit is ook die rede van die vrees vir Vrydag die 13de.
Die term is in 1910 reeds deur Isador Coriat gebruik in Abnormal Psychology.[2]
Verskeie teorieë bestaan oor die oorsprong van die beweerde nadelige betekenis van die syfer 13. Die vroegste geval op rekord is in die Middeleeue in Europa. Hoewel sommige skrywers beweer dit het vroeër ontstaan, is daar geen aangetekende bewyse daarvan nie.
Kaartspeletjies met tarotkaarte is van minstens 1450 af bekend met die Visconti-Sforza-tarot. Een van die troefkaarte verteenwoordig die dood, en is in verskeie weergawes 13 gemerk.
In 1781 het Antoine Court de Gébelin van dié kaart se teenwoordigheid in die Tarot van Marseille geskryf en gesê die nommer 13 is "toujours regarde comme malheureux" ("altyd as ongelukkig beskou").[3] In 1784 het Johann Gottlob Immanuel Breitkopf die Franse skrywer aangehaal en bevestig die tarotkaart nommer 13 is die dood en ongeluk ("Der Tod, Unglück").[4]
Sedert minstens 1774 is 'n bygeloof aangeteken oor "13 aan 'n tafel": As daar 13 mense aan 'n tafel sit, sal een binne 'n jaar sterf.[5] Die oorsprong van die bygeloof is onseker en verskeie teroieë is deur die jare voorgestel.
In 1774 het Johann August Ephraim Götze gespekuleer[5] dat die oorsprong van die bygeloof oor 13 kom van die Laaste Avondmaal, waar Christus saam met sy 12 dissipels aan 'n tafel gesit het.
Van die 1890's af het verskeie Engelse bronne die idee herhaal dat Judas, die dissipel wat Jesus verraai het, die 13de persoon aan die tafel was.[6] Die Bybel sê niks van die volgorde waarin die dissipels gesit het nie, maar daar was 13 mense aan die tafel.
In sommige dele van die wêreld word 13 as 'n gelukkige syfer beskou. Voor die Eerste Wêreldoorlog was 13 byvoorbeeld 'n gelukkige getal in Frankryk. Dit is selfs op poskaarte en gelukbringers geplaas.[14] In moderne tye word 13 as 'n gelukkige syfer in Italië beskou, behalwe in sommige gevalle soos 13 aan 'n tafel met aandete.[15]
Verskeie sportlui met die syfer 13 op hulle trui of wat 13 as gelukkige nommer gekies het, het groot sukses behaal, soos die Venezolaanse renjaer Pastor Maldonado. Ook buite die sportwêreld het mense al 13 as gelukkige nommer gekies: Taylor Swift gebruik die nommer dikwels in haar loopbaan.[16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.