![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0e/%25D0%259A%25D1%2580%25D0%25B5%25D1%2581%25D1%2582%25D0%25BE%25D0%25B2%25D0%25BE%25D0%25B7%25D0%25B4%25D0%25B2%25D0%25B8%25D0%25B6%25D0%25B5%25D0%25BD%25D1%2581%25D0%25BA%25D0%25B0%25D1%258F_%25D1%2586%25D0%25B5%25D1%2580%25D0%25BA%25D0%25BE%25D0%25B2%25D1%258C_%2528%25D0%25A2%25D1%258E%25D0%25BC%25D0%25B5%25D0%25BD%25D1%258C%2529-2.jpg/640px-%25D0%259A%25D1%2580%25D0%25B5%25D1%2581%25D1%2582%25D0%25BE%25D0%25B2%25D0%25BE%25D0%25B7%25D0%25B4%25D0%25B2%25D0%25B8%25D0%25B6%25D0%25B5%25D0%25BD%25D1%2581%25D0%25BA%25D0%25B0%25D1%258F_%25D1%2586%25D0%25B5%25D1%2580%25D0%25BA%25D0%25BE%25D0%25B2%25D1%258C_%2528%25D0%25A2%25D1%258E%25D0%25BC%25D0%25B5%25D0%25BD%25D1%258C%2529-2.jpg&w=640&q=50)
Tjoemen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tjoemen (Russies: Тюме́нь) is ’n stad in die Oeral- Federale Distrik in Rusland. Dit is 2 144 km oos van Moskou aan die Toera-rivier geleë. Dit is die hoofstad en grootste stad van die Tjoemen-oblast en het 634 171 inwoners (2013).[1]
- Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Tjoemen-oblast.
Kitsfeite Tjoemen Тюмень, Land ...
Tjoemen Тюмень | |
---|---|
Stad | |
![]() 'n Nagaansig van Tjoemen | |
![]() Die ligging van Tjoemen-oblast in Rusland | |
Koördinate: 57°09′0″N 65°32′0″O | |
Land | ![]() |
Deelgebied | Tjoemen-oblast |
Stigting | 1586 |
Stadstatus | 1782 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Aleksandr Moor |
Oppervlak | |
• Totaal | 235 km2 (91 vk. myl) |
Hoogte | 70 m (230 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 634 171 |
• Digtheid | 2 476/km2 (6 410/vk. myl) |
Tydsone | UTC+06:00 (JEKT) |
Poskode | 6250xx |
Skakelkodes | 7 3452 |
Webwerf | tyumen-city.ru |
Sluit
Tjoemen was die eerste Russiese buitepos in Siberië en is in die 16de eeu gestig om Russiese uitbreiding in die streek te vergemaklik - vandaar sy bynaam "Moeder van Siberiese stede". Die dorp het vinnig gegroei van ’n militêre nedersetting tot ’n groot stad. Dit is vandag een van die belangrikste sake-, nywerheid- en vervoersentrums in Rusland en lê in ’n streek met groot olievelde wat van die grens met Kazachstan tot die Noordelike Yssee strek.