verlore Antieke Egiptiese stad From Wikipedia, the free encyclopedia
Thinis of This (Egipties: Tjenoe) was die hoofstad van Antieke Egipte tydens die Vroegdinastiese Tydperk. Die stad is nog nie weer ontdek nie, maar word dikwels deur antieke skrywers genoem, onder andere die Egiptiese historikus Manetho. Hy het dit ’n stamkonfederasie genoem waarvan die leier, Menes (of Narmer), Bo- en Benede-Egipte verenig het en die land se eerste farao was.
Vanaf die 3de Dinastie, toe die hoofstad na Memphis geskuif is, het Thinis begin agteruitgaan. Sy ligging op die grens van die mededingende Herakleopolis en Thebe van die Eerste Oorgangstydperk en sy nabyheid aan sekere oases met moontlike militêre belangrikheid, het verseker dat Thinis nog ’n aansienlike rol gespeel het in die Ou Ryk en die Nuwe Ryk.
Hoewel die stad se presiese ligging onbekend is, is daar konsensus onder Egiptoloë dat dit in die omgewing van antieke Abydos en die moderne Girga was.[1][2][3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.