![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Tetra-auricupride_-_Karabash%252C_Ural%252C_Russia.jpg/640px-Tetra-auricupride_-_Karabash%252C_Ural%252C_Russia.jpg&w=640&q=50)
Tetra-ourikupried
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tetra-ourikupried is 'n gedeë legering van goud en koper wat as mineraal gevind word. Dit het die algemene chemiese formule AuCu of CuAu.
Tetra-ourikupried | |
---|---|
![]() | |
Formule | AuCu |
Nickel-Strunz (10) | 1.AA.10b |
Kleur | goudgeel |
Glans | metallies[1] |
Hardheid | 4,5 (Mohs)[1] |
Digtheid | 14,67 g/cm3[1] |
Transparansie | opaak[1] |
Ruimtegroep | I4/mmm |
Strukturbericht-kode | L1ₒ |
Nommer | 123 |
Eenheidsel | a = 280,0; c = 367,0 pm |
![]() | |
Struktuur in pseudo-kubiese weergawe (Sien teks) | |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Dit word op verskeie plekke in die wêreld aangetref. In Suid-Afrika kom dit in die Palaboramyn in Phalaborwa en op die Mooihoekplaas in Burgersfort voor, albei in Limpopo.[1]
Dit is die eerste keer ontdek in platinumhoudende ultrabasiese gesteentes in die Sardala-gebied van Xinjiang, China. Tetra-ourikupried is die enigste mineraalspesie wat goud bevat maar ook 'n verhoogde vlak van Pt toon, soos in die geval van 'n ofioliet-geassosieerde plaser by Bolshoy Khailyk, westelike Sayans, Rusland. Tetra-ourikupried kan soveel as ~30 mol% van 'n "PtCu"-komponent inkorporeer, klaarblyklik sonder noemenswaardige verandering van die eenheidsel.[2]