tempel in antieke Palmyra From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tempel van Baalsamin of Baal Sjamin was ’n antieke tempel in die antieke stad Palmyra, Sirië, wat gewy was aan die Kanaänitiese godheid Baalsamin. Die tempel se vroegste fases dateer van die laat 2de eeu v.C.[1] Dit is in 131 n.C. gebou, terwyl die altaar voor die gebou uit 115 n.C. dateer.[2] Met die kerstening van Palmyra in die 5de eeu is die tempel in ’n kerk omskep[3] en daarom was dit een van die bes bewaarde geboue op die terrein.[3] Switserse argeoloë het dit in 1954–'56 begin opgrawe. In 1980 is die hele antieke terrein tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.
Tempel van Baalsamin | ||
Land | Sirië | |
Streek | Siriese Woestyn | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iv | |
Verwysing | 23 (1980, 4de sessie) | |
Toestand | Verwoes | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Terrein van Palmyra | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Die tempel is in Augustus 2015 verwoes deur die ekstremistiese militante groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) nadat hulle die terrein in Mei 2015 beset het.
Die tempel was aanvanklik ’n gebou met drie binnehowe in ’n mengsel van Oosterse en Romeinse argitektoniese style. Die boustyl was Romeins, terwyl bykomende elemente in die Oosters-Siriese styl was. Versierings het ook ’n Egiptiese invloed gehad.[3] Daar was ’n binnekamer en die mure was versier met suile.
Volgens ’n inskripsie in Grieks en Palmyreens is die tempel in 131 gebou.[4] Die inskripsie noem ook die besoek van keiser Hadrianus aan Palmyra omstreeks 129 n.C.[4]
Dele van die tempel is in 2013 vernietig deur bombarderings[6] tydens die Siriese Burgeroorlog. Die suidoostelike hoek is beskadig deur plunderaars wat twee openinge gemaak het om meubels daaruit te steel.[6]
In Julie 2015 het ISIL ’n groot hoeveelheid plofstof in die tempel geplaas en dit opgeblaas.[7] Daar is teenstrydige berigte oor of die verwoesting in Julie of op 23 Augustus 2015 plaasgevind het.[8]
Die verwoesting is deur die hoof van die Siriese direktoraat-generaal van oudhede en museums, Maamoun Abdulkarim, aangekondig[7] nadat ISIL volgens berigte gesê het hy wil nie wêrelderfenisgebied verwoes nie, maar gaan wel standbeelde beskadig wat hy as "politeïsties" beskou.[9] Unesco het die verwoesting van die tempel as ’n "oorlogsmisdaad" beskryf.[10][11]
Later in Augustus 2015 het ISIL ook Palmyra se Tempel van Bel minstens gedeeltelik verwoes.[12]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.