![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e0/Teleconverter_with_Camera_and_lens.swn.jpg/640px-Teleconverter_with_Camera_and_lens.swn.jpg&w=640&q=50)
Tele-omsetter
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Tele-omsetter (soms genoem televerlengstuk) is 'n sekondêre lens wat tussen die kamera en 'n fotografiese lens gemonteer word. Die doel is die vergroting van die sentrale deel van 'n beeld wat verkry is deur die objektiewe lens. Byvoorbeeld, 'n 2× tele vir 'n 35 mm kamera vergroot die sentrale 12–18 mm deel van 'n beeld tot die grootte van 24–36 mm in die standaard 35 mm filmformaat. Tele-omsetters word tipies vervaardig in 1.4×, 1.7×, 2× 3× modelle, waarvan 1.4× en 2× die mees algemene is.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e0/Teleconverter_with_Camera_and_lens.swn.jpg/640px-Teleconverter_with_Camera_and_lens.swn.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Teleconverter.png/640px-Teleconverter.png)
1 – Kameralens
2 – Tele-omsetter
3 – Kameraliggaam
Die gebruik van 'n 2× tele-omsetter gee die effek van 'n lens met twee keer die brandpunt. Dit verminder ook die intensiteit van die lig wat die film of sensor bereik met 'n faktor van 4 ('n ekwivalent van die verdubbeling van die brandpuntverhouding) sowel as die resolusie (met 'n faktor van 2).
- Beeldsoeker gesien met slegs 'n 300 mm telefotolens.
- Beeldsoeker gesien met 'n 300 mm telefotolens plus 'n 2x tele-omsetter.
- 'n Leica R reeks verdubbeler, met die vroulike deel van 'n bajonetpasstuk...
- ...en die manlike deel.