Teenpous Honorius II
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Teenpous Honorius II (gebore Pietro Cadalus) was 'n teenpous in die Rooms Katolieke Kerk van 28 Oktober 1061 tot aan sy dood in 1072. Hy was die eerste teenpous in die Investituurstryd.
Teenpous Honorius II | |
---|---|
Geboortenaam | Pietro Cadalus |
Sterfdatum | 1072 |
Sterfplek | Lombardye |
Teenpous van | Pous Alexander II |
Begin van pontifikaat | 28 Oktober 1061 |
Einde van pontifikaat | 1072 |
Cadalus[1][2] stam uit 'n adellike familie van Verona. Tydens die regering van keiser Hendrik III van die Heilige Romeinse Ryk was hy die keiser se kanselier. Later is hy aangestel as biskop van Parma.
Toe Pous Nicolaas II op 27 Julie 1061 sterwe, sorg die hervormingsgesinde party van Hildebrand van Sovana daarvoor dat Anselmo di Lucca (ook Anselmo da Baggio) afkomstig uit die adel van Milaan as pous verkies word. Anselmo neem die naam Alexander II aan. Hildebrand vra egter nie die goedkeuring van die keiser nie. Die keiser Hendrik IV (eintlik sy ma Agnes van Poitou wat as regentes regeer het) stel toe Cadalus aan wat die naam Honorius II aanneem.
Die inkonsekwente politiek van Agnes, weduwee van keiser Hendrik III lei egter daartoe dat Honorius nie genoegsame steun gekry het nie. Honorius slaag wel daarin om Rome te verower in April 1062. In Oktober 1062 bestry hy op die sinode van Augsburg die regmatigheid van Alexander se aanstelling. Dit was te vergeefs en op die sinode van Mantua in 1064 skaar die Duitse biskoppe hulle agter Alexander.
Omdat hy alle steun verloor het, verlaat Honorius Rome en trek homself terug na Lombardye. Hoewel hy homself tot aan sy dood as die wettige pous beskou het, het hy geen kerklike of politieke mag meer gehad nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.