From Wikipedia, the free encyclopedia
Alexander V[1][2] gebore Petros Philargos ook Petrus van Candia of Petrus Philargos genoem (Candia = Kreta) was 'n teenpous tydens die Westerse Skisma met sy setel in Pisa. Hy was 'n teenpous van Pous Gregorius XII van 1409 tot aan sy dood in 1410.
Alexander[3] was Grieks van afkoms, gebore op Kreta. Hy was 'n Franciskaner monnik en het gestudeer aan die universiteite van Oxford en Cambridge. Hy is aangestel as kardinaal deur Pous Innocentius VII op 12 Junie 1407 en was aartsbiskop van Milaan. Die konsilie van Pisa in 1409 het probeer om die Westerse Skisma te beëindig deur beide Pous Gregorius XII en Teenpous Benedictus XIII af te set en Alexander as nuwe pous te kies. Dit het nie gewerk nie en nou was daar drie pouse, een in Rome een in Avignon en een in Pisa. Alexander het die steun gehad van die grootste deel van die Christelike wêreld naamlik die kerke in Frankryk, Engeland, Boheme en 'n groot deel van Duitsland. In 1410 het hy aartsbiskop Zbynek van Praag opdrag gegee om die werke van die hervormer Wycliffe te verbrand. Na 'n pontifikaat van slegs tien maande sterf Alexander onverwags op 3 Mei 1410. Hy word begrawe in die Franciskus kerk in Bologna en opgevolg deur Teenpous Johannes XXIII. Hoewel Alexander deur die Roomse Kerk as 'n teenpous beskou word, is daar nie 'n wettig pous met die naam Alexander V nie. Die volgende Alexander is die wettige pous Pous Alexander VI.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.