Die lugredery TAP Air Portugal, gestig in 1945 as "Trans Portes Aereos Portugueses, SGPS, SA", algemeen bekend as TAP, is die vlagdraerredery van Portugal. TAP Air Portugal is 100% in staatsbesit en het sy hoofkantoor op die Portela Lughawe, Lissabon. Dit is 'n lid van die Star Alliance sedert 14 Maart 2005, dieselfde dag waarop die maatskappy sy 60ste verjaardag gevier het. Sy middelpunt in Lissabon is 'n belangrike Europese poort by die kruispad van Afrika, Suid-Amerika en Noord-Amerika.

Kitsfeite IATA, ICAO ...
TAP Air Portugal
Thumb
IATA ICAO Roepteken
TP TAP AIR PORTUGAL
Gestig14 Maart 1945
Eerste vlug19 September 1946
HoofspilleLissabon Portela Lughawe
Sekondêre spilleFrancisco de Sá Carneiro Lughawe
FokusstedeMadeira Lughawe
LojaliteitsprogramTAP Victoria
AlliansieStar Alliance
Subsidiêre
  • Portugália Airlines
  • PGA Express
Vlootgrootte63
Bestemmings88
SitkamerTAP premium lounge
Blue Lounge
HoofkantoorGebou 25, Portela Lughawe
Lissabon, Portugal
SleutelpersoneFernando Pinto (H.U.B.)
Omset € 2,480 miljard (2013)[1]
Wins € 34 miljoen (2013)[1]
Webwerfwww.flytap.com
Sluit

Volgens die JACDEC-vliegtuigveiligheidsverslag word TAP Portugal as Wes-Europa se veiligste lugredery aangeslaan en die wêreld se vierde veiligste lugredery, slegs na Qantas, Finnair en Air New Zealand.[2]

TAP se roetenetwerk bestaan uit 88 bestemmings in 38 lande wêreldwyd. TAP bedryf byna 2 000 weeklikse vlugte met 'n vloot van 61 Airbus vliegtuie, en 'n verdere 16 vliegtuie doen diens by die plaaslike filiaalredery, Portugalia Airlines.

In onlangse jare is TAP Portugal agtereenvolgens verkies as die wêreld se voorste lugdiens na Afrika en Suid-Amerika deur die World Travel Awards (WTA), beskou as die "Oscars" van die wêreldtoerisme-industrie.[3]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.