From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Swartstraler is ’n geïdealiseerde liggaam wat alle elektromagnetiese straling absorbeer wat daarop val.[1] Deur die absorpsie van dié energie word die temperatuur van die voorwerp hoër as dié van die omgewing en die hitte word weer sonder verlies uitgestraal in die vorm van elektromagnetiese straling.[2]
’n Swartstraler is in termiese ewewig, wat beteken dit bly ’n konstante temperatuur. Die uitgestraalde energie word uitgestuur volgens Planck se Wet, dus hang dit slegs af van die liggaam se temperatuur, nie van die vorm en chemiese samestelling nie. Hoe hoër die temperatuur, hoe korter die golflengte van maksimumemissie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.