chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Swaarwater (2H2O of D2O) is 'n vorm van water waarin die gebruiklike isotoop 1H (protium) vervang is deur die isotoop 2H wat deuterium genoem word.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Swaarwater |
Chemiese formule | 2H2O, D2O |
Molêre massa | 20,03 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 7789-20-0[1] |
Voorkoms | kleurlose vloeistof |
Reuk | reukloos |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 3,81 °C [1] |
Kookpunt | 101,42 °C [1] |
Digtheid | 1,1044 (rel) @25 °C [1] |
Mengbaarheid | met water [1] |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Swaarwater kan deur verskeie metodes vervaardig word. Die twee belangrikste prosesse is die ammoniak-waterstof-uitruiling en die water-waterstofsulfied-uitruiling (die GS-proses).
In die GS-proses word 'n reeks van torings gebruik wat koud is aan die bo- en warm aan die onderkant. Water vloei van bo na onder en waterstofsulfiedgas beweeg van onder na bo. Daar is 'n reeks plate met gaatjies wat die vermenging van die twee stowwe verbeter. Gas of water wat verryk is met deuterium word by die eerstetraptoring afgetap by die naat tussen die koue en warm dele. Die proses word in die later trappe herhaal. Die produk in die laaste trap bevat ongeveer 30% deuterium en dit word gedistilleer tot 'n suiwerheid van 99,75% D2O. [2]
Die eienskappe van swaarwater wyk dalk meer van gewone water s'n af as wat gewoonlik by isotoopvervanging waargeneem word. Die groot isotoopeffekte kan deur verskeie effekte verklaar word:
Die smeltpunt van swaarwater is hoër as gewone water s'n, maar daar is ook stowwe waar die ongekeerde waargeneem word soos die trihidraat van sinkchloried ZnCl3.3D2O. [3]
Protium het vir hierdie tegniek baie slegte eienskappe, omdat dit sterke inkoherente strooiing lewer wat die meetstatistiek benadeel. Waterstof in monsters moet daarom deur deuterium vervang word en swaarwater is die belangrikste bron vir hierdie isotoop.
In kernspinresonansie is die eienskappe van die proton en die deuteron baie anders. Swaarwater word dikwels as oplosmiddel gebruik vir molekule wat se protone ondersoek moet word. Die deuteriumsignaal word soms ook as yking gebruik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.