Suidpoolmuur
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suidpoolmuur is 'n reusagtige kosmiese struktuur wat gevorm word deur 'n enorme muur van sterrestelsels ('n galaktiese filament) wat oor minstens 1,37 miljard ligjare strek.[1][2][3][4][5][6]
Die struktuur is dig op vyf bekende plekke, onder andere baie naby die suidelike hemelpool, en is volgens die sterrekundiges wat dit ontdek het "vergelykbaar met die Groot Muur van Sloan op die helfte van die afstand".[1] Die ontdekking daarvan is in Julie 2020 aangekondig deur Daniel Pomarède van die Paris-Saclay-universiteit en R. Brent Tully en kollegas van die Universiteit van Hawaii.[1] Pomarède verduidelik: "'n Mens kan wonder hoe so 'n groot en redelik nabygeleë struktuur onopgemerk gebly het. Dit is weens sy ligging in 'n streek van die lug wat nog nie heeltemal besigtig is nie, en waar direkte waarnemings belemmer word deur kolle ruimtestof en wolke op die voorgrond. Ons het dit ontdek danksy sy swaartekraginvloed op die snelheid van 'n paar sterrestelsels."[3]