Suidelike Superswermstring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suidelike Superswermstring is 'n galaktiese filament wat die Suidelike Superswerm en die Telescopium-Grus-wolk insluit.[1]
In 2014 is aangekondig die Suidelike Superswermstring is 'n lob van 'n groter superswerm, Laniakea, wat in die Groot Aantrekker gesentreer is.[2] Dit sal beteken die Suidelike Superswermstring se komponente, die Telescopium-Grus-wolk en die Suidelike Superswerm,[1] is deel van dié nuwe superswerm. Die Virgo-superswerm sal ook deel van die groter superwerm wees, en dit sal dus die "Plaaslike Superswerm" wees.[2]