Suid-Afrikaanse wyn
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrikaanse wyn is wyn wat in Suid-Afrika vervaardig word. Die produksie van wyn is hoofsaaklik gekonsentreer rondom Kaapstad, met groot druiweplantasies en produksiesentra by Paarl, Stellenbosch en Worcester. Suid-Afrikaanse wyn is wêreldwyd bekend. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf produseer jaarliks gemiddeld een miljoen ton druiwe en verskaf werk aan sowat 300 000 mense.[1]
- Druiweboorde
- 'n Vrag geplukte druiwe
- Geparste druiwe
- 'n Springbok-wynpomp
- Wyn besig om te verouder
- Suid-Afrikaanse wyne en kaas