Suid-Afrikaanse Poskantoor
nasionale posdiens van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) is die nasionale posdiens van Suid-Afrika en 'n staatsbeheerde onderneming. Sy enigste aandeelhouer is die Suid-Afrikaanse regering. In terme van die Suid-Afrikaanse reg, is die Poskantoor die enigste entiteit wat wettig toegelaat word om voorbehoude pos te aanvaar en bedryf as sodanig 'n monopolie.[4]
Kitsfeite Tipe, Gestig ...
Suid-Afrikaanse Poskantoor | |
Tipe | Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1 Oktober 1991[1] |
Hoofkantoor | 350 Witch Hazel Rylaan, Eco Point, Eco-Park Estate, Centurion, 0157, Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Mark Barnes (hoofuitvoerendebeampte) |
Gebied bedien | Suid-Afrika / wêreldwyd |
Industrie | Posdienste, koerier, bankdienste |
Produkte | Briefpos, pakkiediens |
Inkomste | ZAR 5 012 miljoen (2015)[2] |
Werknemers | 23 820 (2015)[3] |
Dogter- maatskappye | Speed Services Couriers |
Slagspreuk | We Deliver, whatever it takes |
Webwerf | postoffice.co.za |
Sluit
Dit het meer as 23 820[5] werknemers en bedryf meer as 2 486[5] posafsetpunte regoor die land. Daarom word daar 'n poskantoor in elke stad, dorp en byna elke gehug in Suid-Afrika aangetref.[5]