![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d8/Class_NG4_4-6-2T_no._16_b.jpg/640px-Class_NG4_4-6-2T_no._16_b.jpg&w=640&q=50)
Suid-Afrikaanse Klas NG4 4-6-2T
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suid-Afrikaanse Klas NG4 4-6-2T lokomotief is 'n Suid-Afrikaanse smalspoor tenklokomotief wat in die eerste dekade van die twintigste eeu in die Natalkolonie ontwerp is.
![]() Nr. NG16, gerestoreerd, Sandstone Estates, 4 Mei 2013 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Natalse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | Kerr, Stuart and Company |
Serienommer | 1207–1208, 1294–1295, 1342–1344 |
Model | Kerr Stuart Side Tank |
Klas | SAS: Klas NG4 |
Vervaardig | 1911–1914 |
Aantal gebou | 7 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-6-2T "Pacific" |
Spoorbreedte | 610mm (2 vt 0 dm) (Smalspoor) |
Voorwielomtrek | 457 mm (18 dm) |
Dryfwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Agterwielomtrek | 533 mm (21 dm) |
Wielbasis | 5,410 m totaal 1,067 m boegie 1,753 m koppeling |
Lengte | 7,595 m oor koppelaars |
Hoogte | 2,858 m |
Raamwerk | Platraam |
Asbelasting | 6,2 t op die tweede drywers |
Massa op dryfwiele | 18,5 t |
Lokomotiefmassa | 23,3 t (leeg) |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 1090 kg |
Waterkapasiteit | 3 700 liter |
Stoomketel | 1003 mm binneomtrek 3407 mm binnelengte |
Stoomketeldruk | 1140 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 1,022 m2 |
128 buise met 44 mm omtrek 60,9 m2 | |
– Vuurkas | 4,2 m2 |
65,1 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 292 mm (111⁄2 dm) boor 381 mm (15 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | Teen 75% keteldruk 36 kN |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Natalse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 7 |
Vlootnommer(s) | NGR: 10, 11 SAS: NG10 – NG16 |
Afleweringsdatum | 1911–1914 |
Eerste tog | 1911 |
Onttrekkingsdatum | 1948 |
Bewaarde eenhede | 1 |
Restoreerdatum | ~2010 |
Huidige eienaar | Sandstone Heritage Trust |
In 1911, nadat die Unie van Suid-Afrika gestig is, maar voordat die spoorweë van die voormalige kolonies heeltemal versmelt is, is twee 4-6-2T tenklokomotiewe wat gebaseer is op die NGR Klas N 4-6-2T namens die NGR bestel vir die 39 km Alfred County-lyn tussen Port Shepstone en Paddock. In 1912 en 1913 is nog vyf lokomotiewe van hierdie klas deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë bestel. Hulle is in 1913 en 1914 afgelewer.
Toe die eerste twee lokomotiewe na die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgedra is, is hulle as Klas NG4[Nota 1] geklassifiseer en hul nommers het 'n voorvoegsel "NG" gekry.[2][3]