![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6f/Sturt%2527s_Stony_Desert.png/640px-Sturt%2527s_Stony_Desert.png&w=640&q=50)
Sturt Klipwoestyn
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sturt Klipwoestyn (voorheen bekend as Sturt se Klipwoestyn) is 'n area in die noordoostelike hoek van Suid-Australië en die suidwestelike hoek van Queensland.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6f/Sturt%27s_Stony_Desert.png/640px-Sturt%27s_Stony_Desert.png)
Charles Sturt het in 1844 die gebied dié naam gegee terwyl hy op 'n ekspedisie was om 'n binnelandse see te vind wat hy geglo het in die middel van Australië lê.[1] Die naam kom van die klippe wat sy perd mank laat loop het, en die hoewe van die vee wat hy saamgeneem het afgeslyt het.
Die Sturt Klipwoestyn lê op die Gasonkoepel, wat tussen die duinevelde van die Simpsonwoestyn na die weste, en die Strzeleckiwoestyn na die suidooste toe lê,[2] terwyl die Tirariwoestyn lê na die suid-weste lê.